Jared Diamond

Jared Diamond
Jared Diamond in London, Februarie 2013
Gebore
Jared Mason Diamond

10 September 1937
NasionaliteitVerenigde State van Amerika
BeroepWetenskaplike, geograaf, historikus, voëlkenner en skrywer
Bekend virGuns, Germs, and Steel (1997), Collapse (2005) en Upheaval: How Nations Cope with Crisis and Change (2019)

Jared Mason Diamond (gebore 10 September 1937) is 'n Amerikaanse geograaf, historikus, voëlkenner en skrywer wat veral bekend is vir sy gewilde wetenskaplike boeke The Third Chimpanzee (1991); Guns, Germs, and Steel (1997, bekroon met 'n Pulitzerprys); Collapse (2005), The World Until Yesterday (2012), en Upheaval (2019). Diamond is oorspronklik opgelei in biochemie en fisiologie,[1] dit is egter bekend dat hy 'n indiepte kennis het van 'n verskeidenheid velde, insluitend antropologie, ekologie, geografie en evolusionêre biologie. Hy is 'n professor in geografie aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles (UCLA).[2]

In 2005 was Diamond die negende posisie gelys tydens 'n peiling deur die publikasies Prospect en Foreign Policy van die wêreld se voorste 100 openbare intellektuele.[3]

  1. Jared Diamond, Collapse: How Societies Choose to Fail or Survive, Penguin Books, 2005 en 2011 (ISBN 978-0-241-95868-1)
  2. "Jim Al-Khalili talks to Jared Diamond about his journey from the gall bladder to global history via a passion for the birds of Papua New Guinea". Besoek op 19 Desember 2012.
  3. "Prospect/FP Top 100 Public Intellectuals Results". 15 Oktober 2005. Besoek op 1 Maart 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search